Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ná drie dae se onverpoosde soektog is die bekende 85-jarige volstruisboer van Oudtshoorn, Saag Jonker, se voertuig met sy liggaam daarin Dinsdagmiddag 29 September in die Olifantsrivier gevind.
Jonker se voertuig is Sondagmiddag deur die sterk stroom meegesleur nadat hy probeer het om die laagwaterbrug op die Rooiheuwel-pad oor te steek.
Reddingswerkers, polisieduikers, familielede en lede van die gemeenskap het die afgelope drie dae onverpoosd na Jonker en sy voertuig gesoek.
Sy familie het Dinsdagaand sy dood bevestig en gesê dat hulle te midde van hul hartseer dankbaar is dat hy gevind is en dat hulle nou behoorlik van hom afskeid kan neem.
“Na drie ongelooflik moeilike dae van onsekerheid, hoop, gebed en ’n onvermoeide soektog is ons as familie diep dankbaar dat Oupa in sy bakkie in die Olifantsrivier gevind is,” lui die familie se verklaring. “
Al is ons harte baie seer, is daar ook ’n groot gevoel van dankbaarheid en berusting dat ons hom gevind het, dat ons hom nou huis toe kan bring, en dat ons as familie saam behoorlik van hom kan afskeid neem.”
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant.
Video:
Vorige berigte:
- Jonker-familie bevestig Saag is steeds vermis
- Polisieduikers werk onder uiters moeilike toestande in Olifantsrivier
- Soektog na Saag verskerp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’